E Copy

Date:

Tshakhuma FC verhuis na Bloemfontein

Die span van die Motsepe Foundation Kampioenskap (Nasionale Eerste Divisie), genaamd Tshakhuma Tsha Madzivhandila (TTM) Football Club, het amptelik bevestig dat hulle na Bloemfontein verhuis het en hulle sal hul oorblywende tuiswedstryde in die stad speel.

Tshakhuma FC is die afgelope week in Bloemfontein opgemerk. Dit het gelei tot gerugte dat die span van Limpopo na die Vrystaat gaan verhuis.

Daar word gesê dat die voormalige Bloemfonteinse Celtic-voorsitter, Max Tshabalala, die man agter die skuif is, en dit is ‘n poging om die eens gevreesde klub weer op die been te bring.

Die finansiële probleme van Celtic is goed gedokumenteer, en voor die aanvang van die 2021/22-seisoen is die klub se Premier Sokkerliga-status aan Royal AM verkoop. Tshabalala hou glo steeds die naamregte van Celtic. Tshakhuma FC sal na verwagting aan die einde van die huidige seisoen herdoop word.

Tshakhuma FC het Dinsdag via hul sosiale media-platforms bevestig dat al hul tuiswedstryde vanaf Saterdag 18 Februarie by die Dr Petrus Molemela-stadion gespeel sal word.

Die afgelope week is ‘n Royal AM-bus ook by verskeie geleenthede in die stad opgemerk, wat gelei het tot gerugte dat die status van die Chatsworth-gebaseerde klub hul PSL-status sal verkoop en dat dit sal lei tot die terugkeer van Bloemfontein Celtic na die PSL.
Die huidige PSL-span, Marumo Gallants, is ook verbind met ‘n skuif na Bloemfontein en dit sal Donderdagaand bespreek word by ‘n vergadering wat deur die Bloemfontein Celtic Ondersteunersklub gereël word. Die verskuiwing van TTM is ook op die agenda vir die vergadering by Paradise Hall in Bochabela.

Die voorsitter van die ondersteunersklub, Mabena Pule, het Vrydag geweier om kommentaar te lewer – toe hy deur Bloemfontein Courant genader is – oor die saak totdat hy meer duidelikheid het. Hy het wel laat weet dat die ondersteuners en Tshabalala nie ‘n goeie verhouding het nie.

Tshabalala is genader vir kommentaar. Daar was egter nog geen terugvoer nie.
Tshakhuma FC gaan Saterdagmiddag gasheer wees vir die huidige NFD-pasaangeërs, Casric Stars FC, met dié wedstryd in Rocklands wat om 15:30 afskop. Casric Stars het aan die begin van die 2022/23-seisoen sy NFD-status by Free State Stars gekoop. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...