E Copy

Date:

Talle naamsverandering wag op Mangaung

MARICELLE BOTHA

Talle voorstelle vir moontlike naamsveranderinge binne die Mangaung metro is pas deur die munisipalitiet goedgekeur. Onder die plekke wat in die toekoms herdoop sal word is onder meer die nuut opgegradeerde Seisa Ramabodu wat voortaan as Ntatae Petrus Molemela-stadion sal bekend staan, sowel as die Stadskouburg wat se naam na Rev. Sebatso Seatile verander en Elizabeth- en Kerkstraat wat onderskeidelik na Miriam Makeba- en Oliver Tambo-weg herdoop sal word.

DA-raadslid, Werner Horn sê hoewel die naamsveranderinge die belastingbetaler ‘n paar rand uit die sak sal jaag, die metro seker gemaak het om na die publiek se voortselle te luister.

“Wat die huidige rondte naamsveranderinge betref, het ons die proses gemonitor end it end it lyk asof van die voorgestelde naamsveranderinge, inderdaad uit gemeenskappe kom en nie noodwendig polities gedrewe is nie.” Hy meen in hierdie opsig het die munisipaliteit goed gedoen.

Daar is ook verkseie naamsverandering vir Botshabelo en Thaba Nchu aanvaar. Die publiek het tot 9 Januarie2015 om beswaar teen die naasveranderinge aan te teken by die kantoor van die speaker.
Kamer 701, Bram Fischer-gebou, tel: 051-405-8667/8643.

Sien hier onder die volledige lys van die voorgestelde naamsveranderinge te sien.

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...