Tuesday, October 22, 2019
Home Tags VS Cheetahs

Tag: VS Cheetahs

VS-Cheetahs behou Curriebekerstatus

Ondanks nóg ’n beseringsterugslag Vrydag het die Toyota-Vrystaat-Cheetahs met hul tweede sege oor die Oostelike Provinsie Kings in Port Elizabeth hul status in die Premierliga van die Absa Curriebekerreeks verseker. Marcel van der Merwe (met bal), vurige jong stut van die Vrystaat, is in die wedstryd teen die Kings met ’n draagbaar afgedra. FOTO: ROZELLE LAUBSCHER

Rhule – Blink toekoms wag op ongeslypte rugbydiamant

Vrouehokkie en rugby het koning gekraai by die toekennnings van eerbewyse op Kovsies se 2012 Sportdinee, wat in die Eeufees-saal op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein gehou is. Twee Investec Protea-hokkiespelers, Izalle Lategan en Tanya Brits, is onderskeidelik die Kovsies se Sportvrou en Junior Sportvrou van Jaar. Twee rugbyblitse, Jamba Ulengo, wat vir die Blitsbokke in sewes uitgedraf het, en Rymond Rhule, wat vir die die Baba-Bokke en Toyota-Vrystaat-Cheetahs gespeel het, is onderskeidelik as die 2012 Sportman en Junior Sportman van die Jaar vereer. Hier is van links: Rhule, prof Theuns Verschoor van Kovsies, wat die toekennings oorhandig het, en Ulengo. FOTO: GEORG VAN ECK

Cheetahs veg teen relegasie

Coenie Oosthuizen, beweeglike stut van die Toyota-Vrystaat-Cheetahs, sal Vrydag saam met sy mede-vaste voorspelers op hul beste moes wees om die vurige agttal van die Oostelike Provinsie Kings te stuit. Die twee spanne pak mekaar in ’n Curriebeker-promosie/relegasie-wedstryd in Bloemfontein. FOTO: GALLO IMAGES