E Copy

Date:

Super Rugby 2014 skop in Bloemfontein af

MORGAN PIEK 

Bloemfontein – Volgende jaar se superrugbykompetisie skop op 15 Februarie in Bloemfontein af wanneer die Cheetahs en die Lions op die Vrystaat Stadion kragte gaan meet.

Die Sharks en die Bulls kom daarna in die Haaitenk in Durban teen mekaar te staan.

Die Stormers het ’n loslootjie in die openingsronde van die kompetisie.

Die Australiese en Nieu-Seelandse spanne sal eers in die daaropvolgende naweek in aksie wees.

Die Cheetahs se tweede wedstryd is tuis teen die Bulls, waarna hulle op hul toer na Australasië sal vertrek.

Daar gaan hulle teen die Rebels, die Reds, die Hurricanes en die Blues te staan kom.

Die sentraal Suid-Afrikaners gaan in volgende jaar se kompetisie nie teen die Waratahs of die Highlanders uitdraf nie.

Share post:

Popular

More like this
Related

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...

Students invited to pitch beauty business ideas

Motheo TVET College students with a passion for hair,...

CUT prepares future teachers for classroom success

The Central University of Technology, Free State (CUT) has...

SASSA condemns illegal sale of queue positions at offices

The South African Social Security Agency (SASSA) has condemned...