President Brand Primêr: Karate


Thato Moroeroe en Gabby Pretorius, altwee van President Brand Primêr, het aan die WSKF Klubkompetisie vir Karate deelgeneem. Thato het goud vir haar kata, Kihon-kumite, en kumite ontvang, terwyl Gabby ’n silwer medalje vir haar kumite ontvang het. FOTO’S: FACEBOOK
Laerskool Bloemfontein: Handskrif

Laerskool Bloemfontein se Hlonie Ntoi het ’n spesiale toekenning ontvang op die Bloemskou vir Beste Handskrif. FOTO: FACEBOOK
Grey Kollege Primêr: Karate

Robert Rijkheer van Grey Kollege Primêr het by Karate SA se Ope Kampioenskap in Durban ’n goud vir Kumite en brons vir sy kata verower. Hy het ook sy Protea-kleure ontvang en is gekies om Suid-Afrika by die Statebondspele te verteenwoordig. FOTO: FACEBOOK
Hoërskool Sand du Plessis: “Cheerleading”

Die Hoërskool Sand du Plessis “Cheerleading”-groep het by die All Girls-kompetisie as wenners weggestap nadat hul groot groep hul afdeling gewen het. Die groep het ook twee kleiner spanne gehad, Dynamic Diamonds en Mighty Marvels, wat onderskeidelik goud en silwer ingepalm het vir hul toertjies. FOTO: FACEBOOK
Hoërskool Fichardtpark: Gimnastiek

Klarise Ribeiro van Hoërskool Fichardtpark het aan die Scalabiscup Trampolienkompetisie in Portugal deelgeneem en as deel van haar span ’n silwer medalje verwerf. Ná die finaal het sy ’n agtste plek verower. FOTO: FACEBOOK
Fichardtpark Primêr: Tennis

Fichardtpark Primêre Skool se Emmerike van Niekerk het tydens die Vrystaat Mini-Tennis 4 Toernooi ’n goue medalje verower vir o.12 dogters dubbelspel. FOTO: FACEBOOK
Hong Kong in Primary World Mathematics Competition

The Primary Mathematics World Competition (PMWC) took place in Hong Kong between 15 and 19 July. This was the first in-person competition since 2019. Learners from the Free State and Northern Cape excelled in the competition, obtaining a third place in their division. From left to right: Hermina Oosthuizen (deputy leader), Ayanda Mabe, Wendy Chang, Orion Chen, Carli van der Westhuizen, and dr. Elsie Schoombie (leader). PHOTO: SUPPLIED







