Schools/Skole: 6 April 2023

0
5864
PHOTO: iStock

Twee OMS-atlete blink uit op SA’s

Twee Oranjeniete, Roline Louw en Cara Smith, is Saterdag in Potchefstroom as die nasionale wenners in sewekamp gekroon. Roline (gr. 12) is die o.20-kampioen en Cara (gr. 11) die o.18-kampioen. Roline was verlede jaar se o.18-wenner. Sewekamp bestaan uit 100m-hekkies, hoogspring, gewigstoot, 200m naellope, verspring, spiesgooi en 800m. Dit word oor twee dae gedoen. Veelsydigheid is dié twee se kos. Albei speel vir die eerste netbalspan en neem volgende week as deel van die Vrystaat-atletiekspan aan die SA’s deel in meer as een item. (Roline in die 400m & 100m-hekkies, en Cara in die 100m-hekkies, verspring en hoogspring.)

Onze Rust scholar at championships

Emmanuella Ngeleka from Onze Rust Primary School had the following results at the National Primary Schools Athletics Championships 2023. 100m: 6th place; 150m: made it to the semi-finals; long jump: 9th place; relay: 4th place.

Tweekamp

Phillip le Roux van die Hoërskool Sentraal het die naweek aan die Suid-Afrikaanse Tweekamp-kampioenskappe in Stellenbosch deelgeneem. Hy verwerf ’n eersteplek in die seuns o.15-afdeling. Hy verwerf ook sy SA kleure op die byeenkoms.

SMS Squash

The St. Michael’s Squash team will represent the school at the St Stithians festival from 7 to 10 April.

Fichie-netbaltoer in George

Die Hoërskool Fichardtpark se netbalspanne het van 2 tot 7 April hul netbaltoer in George. Die eerste netbalspan het hul eerstespan-uitrusting en ander bykomstighede ontvang en is tans by die toernooi.

Eunice wins hockey festival

The Eunice 1st hockey team was crowned as champions at the St Mary’s Waverley Hockey
Festival 2023, with a 1-0 win over St Mary’s in the final. Megan Pelser scored the penalty goal. Of 32 teams over 4 days, they were unbeatable with no losses and only one draw.