Sowat twintig laerskoolleerders van Saint Andrew en Eunice het sakke vol kombersies aan die babas in Universitas-hospitaal gaan uitdeel. Meer as ‘n duisend kombersies is ingesamel in ‘n uitdaging tussen hierdie twee skole om die komberse vir die hospitaal se neonatale eenheid te versamel.