E Copy

Date:

Rooi Drake pak Engeland

Die Rooi Drake pak die Rose van Engeland Sondag op Twickenham in Londen en die rugbytoets kan deurslaggewend in vanjaar se Sesnasies-reeks wees.

Op die oomblik is daar ná drie rondes van die 2014 Sesnasies-reeks vier spanne, Ierland, Engeland, Wallis en Frankryk, wat elk wee wedstryde gewen het. Skotland spog met een sege en Italië kon nog nie ’n sege behaal nie.

Ierland is die gunsteling om Saterdag met Italië af te reken, terwyl die Hane van Frankryk dalk ’n moeiliker taak het om die Skotte op Murrayfield te tem.

Die bepalings vir die naweek is:
Saterdag: Ierland teen Italië om 16:30 op Lansdowne Road, Dublin; Skotland teen Frankryk om 19:00 op Murrayfield, Edinburgh.
Sondag: Engeland teen Wallis om 17:00 op Twickenham, Londen.

Share post:

Popular

More like this
Related

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...

Schools Update / Skolenuus – 15 May/15 Mei 2025

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje: Tennis Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje...

SuperSport se lot kan Celtic laat herleef

Sokkerondersteuners in Bloemfontein sal die oorblywende wedstryde van die...

Mini X throttles up at Tempe

The Bloemfontein Off-Road Club (BORC) is inviting all young...