E Copy

Date:

PUK-student oorlede weens nie-aansteeklike breinvliesontsteking

Nie-aansteeklike breinvliesontsteking was die oorsaak van die skielike dood Vrydag van die eerstejaarstudent, Ettienne de Villiers, van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus.

Die universiteit het intussen gevra dat alle bespiegelinge en gerugte oor die vermeende oorsake van De Villiers se dood gestaak moet word.

Kampusrektor, Fika Janse van Rensburg, sĂȘ die universiteit sou onmiddellik die nodige stappe gedoen het indien enige aansteeklike siekte sou uitbreek.

Janse van Rensburg sĂȘ ‘n nadoodse ondersoek het bevestig die student het virale enkefalitis gehad.

Dit is nie die aansteeklike breinvliesontsteking (bakteriële meningkokkale meningitis) nie.

De Villiers is Vrydagmiddag skielik oorlede in sy woonstel naby die kampus. Hy is gevind deur ‘n vriend wat bekommerd geraak het toe hy hom nie kon kontak nie.

Janse van Rensburg het sy meegevoel uitgespreek met die De Villiers-gesin, -familie, sy kamermaat en vriende.

Andre Grobler/Courant Nuus

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...