E Copy

Date:

Pa se belofte word dogter se Ironman-avontuur

Nicola van Schalkwyk beskryf haarself meer as ’n “kuns en kultuur meisie” en noem dat sy nie juis ’n atleet op skool (Oranje Meisieskool) was nie – iets wat haar besluit om skielik die wêreld van Ironman aan te pak, so indrukwekkend maak.

Van Schalkwyk se Ironman-droom het nie op die skoolsportvelde begin nie. “Ek was nooit ’n atleet op skool of enigsins op die sportveld nie!” vertel sy. “Ek was eintlik meer ’n kuns en kultuur meisie gewees.”

Dit was eers toe sy teruggetrek het Bloemfontein toe, tydens die Covid-pandemie, dat sy besluit het om iets groots aan te pak. “Toe Covid kom en ek terug moes trek Bloemfontein toe, het die lewe bietjie stil gestaan en ek het besef daar moet iets in my lewe gebeur waaraan ek kan werk.”

Van Schalkwyk se bewondering vir atlete het haar denkwyse verander. “Hoekom kan ek dit nie ook doen nie?” het sy haarself afgevra. Sy het in 2023 vir haar eerste Ironman 70.3 in Nelson Mandelabaai ingeskryf, wat toe in April 2024 plaasgevind het.

Haar droom was nie om te kompeteer nie, maar om iets groters te bewys. “Die Ironman self was ’n ‘vinnige’ droom,” verduidelik Van Schalkwyk. “Ek dink dit het vir my oor meer gegaan as net die kompetisie, maar om myself en mense om my te ‘bewys’ dat jy nie geneties atleties moet wees om ook groot goed aan te pak nie, maar dat dissipline en jou ‘mindset’ al is wat jou vorm as mens.”

’n Grap tussen haar en haar pa, Theuns, het haar avontuur ’n ekstra skop gegee. Toe sy hom vra of hy dink dat sy al drie Suid-Afrikaanse Ironman-kompetisies kon doen, het hy met ’n grappie geantwoord, maar dit het haar lewe verander.

“Toe ek die eerste keer hoor van die ‘Tour Series Medal’ – wat jy kry as jy al drie Ironman-kompetisies in Suid-Afrika voltooi – toe vra ek hom ‘Wat gee pappa my as ek al drie kan doen’,” lag sy. Haar pa het geantwoord dat hy vir haar ’n oorsese Ironman sou borg as sy die ‘Tour Series Medal’ voltooi.

“Enigiemand wat my ken, weet ek sou die uitdaging aanvaar,” het Van Schalkwyk verduidelik. Sy het die drie Suid-Afrikaanse Ironman-kompetisies voltooi en vir die Alcudia Mallorca Ironman 70.3 in Spanje saam met haar vriendin Theanca de Jager ingeskryf.

Van Schalkwyk is nie een vir spog met haar tye nie – “ek verkies om nie my tye altyd te deel met almal nie omdat ek dit regtig net doen om dit te geniet en om vir iets te werk” – maar sy het wel haar beste Ironman-tyd in Mallorca behaal.

Van Mallorca, vertel sy: “Die eiland was verskriklik mooi gewees. “Ek wens ek kon dit vir my mense wys deur my oë, dit is die mooiste uitsig van die platteland en see wat ek nog gesien het,” het sy vertel.

Vir nou hang Van Schalkwyk wel haar Ironman-skoene op, maar nie haar hardloopskoene nie. “Ek wil graag ’n marathon doen, miskien hierdie jaar nog!” sê sy. “Ek dink dit is ook goed om ander ‘events’ by te woon en ander ervaringe op te doen!”

 

Warren Hawkins
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Agricultural terminology workshop promotes workplace inclusion through SASL

The department of agriculture, rural development and environmental affairs...

Pencil In: 23 July 2026

23 July: Prosperity Enterprises will host a Property Investors’...

Government welcomes 0.5% GDP growth in first quarter

Government has welcomed South Africa's 0.5% gross domestic product...

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...