E Copy

Date:

NWU-studente hou optog in Potch

Christal-Lize Muller

Potchefstroom – Die Noordwes-Universiteit se studenteraad beplan om vandeesweek ‘n optog te hou waarin ontevrede studente van die Potchefstroom-kampus hul stem dik wil maak teen onder meer die beweerde afbrekende ontgroeningspraktyke op die kampus.

SR-voorsitter, Janco Jordaan, sê hulle wil die korrekte feite weergee rakende die kampus se beweerde pro-ontgroeningsgesindheid, diskriminerende ontgroeningspraktyke en die kampus se onvermoë om progressief te verander.

Jordaan sê die optog eerskomende Donderdag om 11:30 sal op Potchefstroom, maar nie op die Puk-kampus plaasvind nie. ‘n Memorandum sal wel na afloop daarvan aan die institusionele registrateur van die NWU, Marlene Verhoef, oorhandig word.

Jordaan sê studente wil ook in die optog beklemtoon dat hulle Afrikaans as amptelike onderrigtaal aan die NWU se Potchefstroom-kampus verkies.

Hy sê studente van die kampus is nooit die geleentheid gebied om hul menings te lug na die omstredenheid rondom die gebruik van die Nazi-saluut tydens die ontgroening van eerstejaarstudente nie.

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Sunflower Children’s Hospice begins archive project

For nearly three decades, Sunflower Children’s Hospice has been...

FS publisher opens doors for aspiring authors

Charmaine Charmza Mrwebi started her publishing company, Charmza Literary...

National MTB stars ready to light up Happy Valley

The stage is set, and Bloemfontein is ready to...

Faf gereed vir Cheetahs-debuut teen ou span

Die gesoute Springbok-skrumskakel Faf de Klerk sal Sondag sy...