E Copy

Date:

Nuwe jaar vol nuwe verwagtinge

Die jaar 2018 is agter ons en uit ‘n finansiĆ«le oogpunt kan mens nie help om 2019 effens skepties te benader nie. Gaan 2019 beleggers anders hanteer as 2018?

Beleggers smag al na enige vorm van (positiewe) opbrengste nadat 2018 die meeste beleggers in negatiewe gebied gelaat het. Ongelukkig kan ek nie vandag die belofte van ‘n rooskleurige 2019 maak nie.

Daar is steeds heelwat onsekerheid teenwoordig op wêreld- finansiële markte, so niks het verander sedert 2018 nie. Die hoë vlakke van onsekerheid wat verhoogde volatiliteit meebring, behoort ook ten minste vir die eerste paar maande van 2019 voort te duur.

Bietjie later in 2019 sal die ooreenkoms wat die VSA en China kan bereik ten opsigte van handel tussen die twee lande deurslaggewend wees vir die rigting wat wĆŖreldmarkte gaan inslaan. Gegewe die vlakke waarop wĆŖreldmarkte tans verhandel (insluitende die JSE Algehele Indeks), en die hoeveelheid negatiewe inligting wat reeds in aandele se pryse verdiskonteer is, is die gevoel dat die gety baie naby aan sy draaipunt moet wees.
Of 2019 ‘n goeie jaar gaan wees vir beleggers, weet niemand nie, en tyd sal leer. Na verwagting behoort 2019 egter beter as 2018 te wees… die beste raad wat ek tans kan gee vir jou benadering tot 2019, is dat jy moet verseker dat jou beleggingsportefeulje so goed moontlik gediversifiseer is. Moenie bang wees om blootstelling aan groeibates (aandele en eiendom) te hĆŖ nie.

Indien jy ‘n ondergewig-blootstelling tot groeibates het, kan jy sterk oorweeg om jou blootstelling bietjie te verhoog. Met die huidige lae vlakke waarop markte verhandel, kan jy goeie blootstelling vir goedkoop optel. Dit sal dus goed wees as jy bietjie met jou finansiĆ«le beplanner kan gesels, sodat hy of sy net weer jou portefeulje se bate-allokasie kan evalueer, en verseker dat dit belyn is met jou beleggersprofiel.

Dan wil ek graag die geleentheid benut om alle Bloemfontein Courant-lesers ‘n voorspoedige 2019, met heelwat sukses, toe te wens. My eie kliĆ«nte wil ek graag bedank vir hul lojaliteit en ondersteuning deur ‘n moeilike 2018. Ek sien uit daarna om weer in 2019 weekliks met julle finansies te gesels.

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Agricultural terminology workshop promotes workplace inclusion through SASL

The department of agriculture, rural development and environmental affairs...

Pencil In: 23 July 2026

23 July: Prosperity Enterprises will host a Property Investors’...

Government welcomes 0.5% GDP growth in first quarter

Government has welcomed South Africa's 0.5% gross domestic product...

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...