E Copy

Date:

Niemand nog gearresteer na MTN-rooftog

‘n Week is verby en geen arrestasie is gemaak in verband met die rooftog wat by MTN in die Twin City-winkelsentrum plaasgevind het nie.
‘n Saak van roof is by die polisie geopen, maar volgens die polisie is speurders nog besig om aan die saak te werk.
Dit kom nadat ‘n roof op Donderdag 8 Maart om 08:52 plaasgevind het by die MTN-winkel.
Twee gewapende mans met lang, dik baadjies het die winkel binne gegaan met ‘n sak, wapens op werknemers gerig en hulle na die kluis gedwing om selfone uit te haal. Die rowers het in ‘n silwer Volkswagen Polo weggejaag. ‘n Gaspistoolmagasyn is in die proses deur die rowers verloor en is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.
Die eienaar, Sarel Maree, het bevestig dat ‘n totaal van 55 selfone gesteel is, insluitend een van die werknemers s’n. Die selfone was meestenal van die nuwe Samsung S 9-reeks en die totale waarde van al die selfone is sowat R271 793.
Werknemers was baie getraumatiseer na die voorval, maar gelukkig het niemand seergekry nie. Die bestuurder, Johanette Venter, het bevestig dat een werknemer terug op sy pos is terwyl ‘n ander werknemer met siekteverlof is weens stres.
Alhoewel niemand in hegtenis geneem is nie, is die goeie nuus dat sodra een van die slimfone aangeskakel word, die selfoon opgespoor kan word.
Volgens bronne het polisie die naweek om Twin City patrolleer en hou hulle die sentrum met ‘n fyn oog dop.
Enige persoon met inligting oor die roof, moet asseblief die Heidedalse polisiestasie by 051-409-7211 bel.

Jeretha Oosthuizen
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...

Transport oversight visit focuses on safer roads

Deputy minister of transport Mkhuleko Hlengwa visited the Free...