E Copy

Date:

‘n Kerskonsert met spesiale stemme

Wat is beter as ‘n goeie Kerskonsert om die feestyd in te lui? Pak gerus jou piekniekmandjie en kom geniet ‘n heerlike intieme geselligheid terwyl jy luister na die aanbieding, Kersfees met Cézanne Yzelle, Xander Steyn, Mario Lategan, Christine Steyn-Stevens en Arno de Wet.

Dit beloof om ‘n dag gevul met lekker musiek en saamkuier te wees op 5 Desember by The Rabbit Studio. Die konsert word georganiseer deur Phoenix Artists in samewerking met X.Art.Productions en wil “dinner theatre vibe” oordra aan musiekliefhebbers.

Volgens Xander Steyn kan mense hul eie piekniekmandjie met eet- en drinkgoed saambring. Daar sal ook tafels en stoele wees waar heerlik ontspan kan word en liedjies wat deur die kunstenaars gesing gaan word, te geniet. “Hierdie jaar was hel. Ons almal het nodig om bietjie uit die huis te kom en net weer ‘n waardering vir oomblikke te beleef. Musiek vir jou siel. Kom maak jou tenk weer vol,” sê Steyn.

Volgens Steyn is hierdie is ‘n baie spesiale kombinasie van talent aangesien die vyf deelnemende kunstenaars nie sommer saam ‘n produksie gesien word nie.

Dit is die perfekte geleentheid vir ‘n wonderlike dag saam met familie en vriende. Kaartjies is beskikbaar by Crazy Daisy (Fleurdal) of bespreek by 074 078 8555 teen R50 per kaartjie. Die Kersfees-konsert sal plaasvind hierdie Saterdag om 19:00 by The Rabbit Studio in Jock Meiringstraat 20.

Standaard-Covid-19-protokol sal in plek wees.

PIERCE VAN HEERDEN
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...

Transport oversight visit focuses on safer roads

Deputy minister of transport Mkhuleko Hlengwa visited the Free...