E Copy

Date:

Kolskoot – 21 May 2014

Goeiedag

“Geluk, Oom Sjert, met die Cheetahs se sege. Om die Brumbies, wat tweede op die Superrugby-puntelys is, só te klop, wil gedoen wees. Maar Oom, ken jy nie vir Os du Randt nie? Sê vir hom daar is groot fout in die Cheetah-voorry. As dit nie daarvoor was nie kon julle selfs verder gewen het,” begin Botterbul Bester ons indaba met gesag.
“Wag, manne, ek het ook ’n vraag. Hoe weet julle dat Botterbul in die voorry stut gespeel het en hy in murg en been ’n ’n Bul-ondersteuner is?” vra Sporie Bezuidenhout vinnig.
“Hy sal jou vertel!” kraai die ander manne dit in ’n koor uit.
“Ek is ernstig oor die Cheetah-voorry en wil net help,” brom Botterbul.
“Onthou, die Cheethas het reeds stutte soos WP Nel, Marcel van der Merwe, Lourens Adriaanse en Hond van der Merwe verloor. Dit laat ’n leemte, maar ek wil saamstem dat ’n voorry met Coenie Oosthuizen op losskop en Trevor Nyakane aan die vaskopkant ’n baie beter kombinasie saam met Adriaan Strauss sal wees,” probeer Sporie weer ondergewoonte die vrede bewaar.
“Manne, ek weet nie veel van die truuks van voorryspel nie, maar wat sê julle van die Haaie en Stormers? Albei het gewen en die Haaie het dit teen die gedugte Crusaders vermag, terwyl hulle vir 64 minute net 14 spelers op die veld gehad het. Ek is trots op die Haaie, maar nie op Jean Deysel nie. Hy gaan lank geskors word,” laat Stywelip Carrington van hom hoor.
“Dankie vir jul raad, manne. Ek wil net noem dat die Cheethas se drie losvoorspelers, Boom Prinsloo, Heinrich Brüssow en Oupa Mohoje uitmuntend was, terwyl Rayno Benjamin ook meer as sy kant bring. Hulle moet net daarop voortbou. Die Cheetahs het altyd ’n probleem dat hul spelers met groter geld weggelok word. Die jongste is juis dat Goosen, Hennie Daniller en Andries Ferreira ook op pad is,” sê Oom Sjert.
“Ek is trots op die Stormers, maar het nou genoeg Superrugby gepraat. Vir die Cheetahs moet die klinkende sege wat Griekwas oor die Goue Leeus in die eindstryd om die Vodacombeker behaal het, hoop vir die toekoms gee. Francois Brummer en Burger Schoeman kan vorentoe Superrugby speel,” probeer Bontie Bonthuys ook sy beurt kry.
“Wag, manne. Het julle gesien Louis Oosthuizen is besig om die Yanks inTexas in die Byron Nelson-gholftoernooi opdraand te gee? En net om oom Sjert te ondersteun, wil ek daarop wys dat die Vrystaatse Lelies, of Crinums, hul stemme in die Brutal Fruit Netbalbeker-reeks dik maak,” probeer Sporie om sake in ’n ander rigting te stuur.
Nou wil Botterbul skielik oor die Gauteng Jaguars praat en elk van die ander manne hul eie netbalspan ondersteun. Hier kom ’n ding.

Groentis.

Share post:

Popular

More like this
Related

Guardian and Angel appeals for urgent electricity support

Guardian and Angel is calling on the Bloemfontein community...

South Africans urged to support for Banyana Banyana

Government has called on South Africans to rally behind...

Second truck carrying suspected stolen Centlec infrastructure intercepted on N1

A 43-year-old truck driver was arrested on the N1...

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...