IRR erken skeidsregterfout, rooikaart van Du Plessis se rekord verwyder

0
398
MORGAN PIEK

Bloemfontein – Die Internasionale Rugbyraad het erken dat Franse skeidsregter, Romaine Poit, Saterdag fouteer het toe hy aan Springbokhaker, Bismarck du Plessis, sy eerste geelkaart gegee het in hul Rugbykampioenskapstoets teen Nieu-Seeland in Auckland.

Die IRR sê in ’n verklaring die geelkaart vir die duikslag op All Black-losskakel Dan Carter in die 17de minuut van die wedstryd was nie korrek nie.

Du Plessis het in die 42ste minuut nog ’n geelkaart gekry nadat hy Liam Messam tydens ’n duikslag met die elmboog in die keel getref het. Hy is toe outomaties van die veld gestuur.

Die IRR sê die eerste geelkaart-voorval was ’n ongelukkige geval waarin die wedstrydbeamptes fouteer het.

Intussen het ‘n Sanzar-tugkommitee die rooikaart vanaf Bismarck du Plessis se rekord verwyder. Du Plessis se tweede geelkaart bly egter op sy rekord.