E Copy

Date:

Harmony-hoë se skietdood ondersoek

Die motief vir die moord op die hoofbestuurder van Harmony Gold se Tshepong-myn naby Welkom is steeds onbekend.
Simphiwe Kubheka is gister omstreeks 18:00 in sy motor by die myn doodgeskiet.
Harmony Gold se hoof van beleggerverhoudings, Lauren Fourie, sê Kubheka was op pad huis toe. Polisiewoordvoerder, Motansi Makhele, sê Kubheka is op die toneel dood verklaar. Sover bekend, is hy een keer geskiet, maar ‘n nadoodse ondersoek sal meer lig op die oorsaak van sy skietdood werp.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Makhele sê daar is ook nog geen uitsluitsel oor wie betrokke is nie.
Volgens Makhele wil die polisie in die stadium nie bespiegel oor die motief vir die voorval nie. Dit is onbekend wie verantwoordelik is vir die voorval en of dit ‘n sluipmoord was.
Intussen het Fourie gesê die myn se veiligheidsafdeling ondersoek ook die voorval en Kubheka se dood is ‘n groot skok vir die myngemeenskap.
Die polisieondersoek duur voort. – Christal-Lize Muller/OFM Nuus

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Agricultural terminology workshop promotes workplace inclusion through SASL

The department of agriculture, rural development and environmental affairs...

Pencil In: 23 July 2026

23 July: Prosperity Enterprises will host a Property Investors’...

Government welcomes 0.5% GDP growth in first quarter

Government has welcomed South Africa's 0.5% gross domestic product...

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...