E Copy

Date:

Gruisstraat se arm mense maak groentetuin

Dirk Kok
In Bloemfontein se Gruisstraat, waar 35 arm mense in drie huise woon, is daar weer hoop.
Solidariteit Helpende Hand het hierdie inwoners se hande gevat om ‘n groot groentetuin aan te lê, sodat hulle hul eie kos kan verbou, vir die tafel en om later te verkoop. Helpende Hand gee geld, opleiding en ondersteuning.
Die landboudepartement van die Universiteit van die Vrystaat het al ‘n duisend groenteplantjies gegee.
‘n Weldoener wat van die projek te hore gekom het, het ‘n klomp gieters gegee. Besproeiing is aangelê en groenteplantjies word gekweek.
Anel du Preez, organiseerder van Helpende Hand se Projek van die Jaar, sê dit is wonderlik om te beleef wat in Gruisstraat aan die gebeur is.
Gruisstraat se Projek Groente is een van 27 projekte in Helpende Hand se Projek van die Jaar-kompetisie waarin R1,5 miljoen in volhoubare en doeltreffende gemeenskapsprojekte belê word.
As Gruisstraat se mense nog 300 SMS’e ter ondersteuning van hul projek kry, sal Helpende Hand ‘n verdere R45 000 tot dié projek bydra.
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...

Transport oversight visit focuses on safer roads

Deputy minister of transport Mkhuleko Hlengwa visited the Free...