Daar is ‘n sterk polisieteenwoordigheid buite die Bloemfonteinse landdroshof waar die leier van die EFF, Julius Malema vanoggend verskyn op aanklag dat hy die Wet op Oproerige Byeenkomste van 1956 oortree het.
Dit nadat Malema EFF-lede in 2014 tydens die party se verkiesingskongres in Bloemfontein aangemoedig het om grond onwettig te beset.
Hy het verlede week op soortgelyke aanklagte in die landdroshof op Newcastle verskyn. Bloemfontein Courant se Andre Grobler is buite die hof.
Bloemfontein Courant/Andre Grobler








