E Copy

Date:

Eerste skooldag skop glad af in VS

Lani Fouché

Die begin van die eerste skooldag het tot dusver glad en sonder voorval verloop by skole in die Vrystaat.  So sê die Vrystaatse onderwysdepartement se woordvoerder, Howard Ndaba.

"Ek is vanoggend by die Bainsvlei Gekombineerde skool, en alles gaan baie goed hier. Die kinders en personeel is opgewonde oor die jaar wat voorlê.  Ons het ook nog geen inligting ontvang van onsmaaklikhede by ander skole in die provinsie nie."

Vanjaar is die eerste jaar dat al die skole in die land op dieselfde dag begin.  Die Vrystaatse LUR vir onderwys, Tate Makgoe, het verlede week belowe dat alle handboeke reeds by skole afgelwer is, en dat personeel slaggereed is vir die 2014-skooljaar om te begin.

Laat registrasies is egter weer eens vanjaar ‘n kopseer.  Ndaba sê: "Ouers is geneig om hul kinders uit onderpresterende skole te haal, en op die nippertjie na beter skole te neem.  Maar ons sal hierdie influks van kinders na sekere skole hanteer soos dit na ons kant toe kom."

Share post:

Popular

More like this
Related

Agricultural terminology workshop promotes workplace inclusion through SASL

The department of agriculture, rural development and environmental affairs...

Pencil In: 23 July 2026

23 July: Prosperity Enterprises will host a Property Investors’...

Government welcomes 0.5% GDP growth in first quarter

Government has welcomed South Africa's 0.5% gross domestic product...

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...