E Copy

Date:

Die storie agter Bloemskou se ritte

Die Bloemskou Pretpark, soos hy vandag lyk, is te danke aan die Pretorius-familie van Carnival Funfair, die maatskappy wat al die ritte bied wat by die Bloemskou geniet word.

“Dit het met my pa-hulle begin,” het Louw Pretorius, uitvoerende hoof van Carnival Funfair, vertel.

“Drie broers het met drie susters getrou, en dit is hoe die familie begin het.” Pretorius se ma, Kotie, en haar suster, Anna, se pa was oorspronklik in die pretparkbedryf.

“Ons was in ’n plek in Namibië, wat destyds Suidwes-Afrika was,” het Anna du Plessis vertel. “Daar het ’n pretpark aangekom, maar hul ‘Big Wheel’ was stukkend. My pa was baie oulik en hy wys toe vir hulle hoe om die groot wiel aan die gang te kry.”

Volgens Du Plessis was dit nie lank nie, toe koop haar pa, Piet Jacobs, een helfte van die pretpark in 1945, en kort daarna toe koop hy die ander helfte ook.

In 1973 het Louw Pretorius se pa, Dirk, met ’n swaai en ’n stalletjie die pretpark besigheid begin nadat hy en sy broers by hul skoonpa oorgeneem het.

“Dit het maar so opgebou oor die jare,” het Pretorius gesê. “Só het die familie nog pretparkritte bygekry.”

Kotie Pretorius het vertel dat die mans van die familie self van die ritte gebou het oor die jare, en dat daar nou by Bloemskou 35 pretparkritte is.

Volgens Pieter Pretorius is daar tans sewe groot pretpark-eienaars in die land, en vyf van hulle is deel van die Pretoriusfamilie.

“Ons elkeen het ons areas waar ons werk,” het hy vertel, “maar na Bloemfontein, waar hierdie groot skou is, sal ons al ons masjiene stuur.”

FOTO: ZITA FILMZ

Louw en Pieter het ook genoem dat Bloemskou en die Randse Skou die enigste groot skoue is wat in die land oor is. “Ons probeer ook altyd terugploeg in die gemeenskap,” het Louw vertel.

Hy het verduidelik dat voordat hulle pretparke amptelik oopstel vir die publiek, laat die familie toe dat minder-bevoorregte lede van die gemeenskap, en selfs weeskinders, eerste kans kry om die ritte te geniet, iets wat hulle andersins nie sou kon doen nie.

Carnival Funfair is al vir 15 jaar by Bloemskou betrokke, en daar is vier generasies van Pretoriusse wat tans by die Bloemskougronde byeen is.

Warren Hawkins

warren@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...