E Copy

Date:

DBV kom tot redding van apie in geroeste hok

Dit is steeds verbasend hoe ver die mens sal gaan om geld in die hande te kry. Die personeel van die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (DBV)was geskok toe hulle sien hoe iemand op Facebook ‘n apie teen R5 000 te koop aangebied het. Hulle het dadelik tot aksie oorgegaan en 150km ver gery om dié apie te gaan red, berig Vaalweekblad.

In Tweespruit het hulle danksy die hulp van ‘n lid van die gemeenskap en die polisie daarin geslaag om die man en die apie op te spoor. Die man, so 21 jaar oud, het nog geslaap toe die polisie aan sy voordeur klop. Die apie is in ‘n handgemaakte, geroeste hokkie sonder enige kos en water gevind.

Die man wou glo die apie aan tradisionele dokters vir muti verkoop, maar omdat hulle nie soveel wou opdok vir die apie nie, het die man besluit om die apie op Facebook te verkoop. Die apie is tans in veilige bewaring by die Bloemfonteinse DBV. ‘n Saak van dieremishandeling gaan teen die man aanhangig gemaak word om te verhoed dat hy weer apies vang en probeer verkoop.

 Elsje Vermeulen

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Agricultural terminology workshop promotes workplace inclusion through SASL

The department of agriculture, rural development and environmental affairs...

Pencil In: 23 July 2026

23 July: Prosperity Enterprises will host a Property Investors’...

Government welcomes 0.5% GDP growth in first quarter

Government has welcomed South Africa's 0.5% gross domestic product...

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...