Die Vrystaat Crinums het Dinsdag hul Covid-19-toetse ondergaan voor die 2020-Telkom-netballiga wat volgende week in Bloemfontein begin.
Al die spelers, bestuurspanne en amptenare sal Donderdag die bio-borrel in Bloemfontein betree voordat die toernooi oor ‘n week begin.
Afrigter van die Crinums, Burta de Kock, het aan Bloemfontein Courant gesĂȘ daar heers ‘n baie goeie gees in die kamp en hulle is slaggereed om vir ‘n slag weer netbal te speel.
“Ons is baie naby aan die begin van die toernooi en ons is gereed om te ‘rock ‘n roll’.
“Ons is bly dat die LUR by ons is, want sy sal Crinum-hemde en -baadjies oorhandig, en ons sien uit daarna.
“Donderdagaand sal al die spelers van regoor Suid-Afrika die borrel betree. Daar is twee oefenlokale, een by die Boet Troskie by SUT, en die ander by die Vrystaatse Akademie by die FSSSI. Ons sal tot en met Dinsdag oefen totdat die toernooi begin.
“Ons sien uit en is baie opgewonde. Die meisies is gereed en kan nie wag nie. Hulle is in diĂ© stadium meer as opgewonde.
“Ons het ons Covid-toetse ondergaan en ons hoop dat almal negatief sal wees.”
Die kampioene, die Gauteng Jaguars, sal die North West Flames in die openingswedstryd in die Mangaung Binnensportsentrum aandurf. Die Crinums speel in die tweede wedstryd van die toernooi wanneer hulle teen die KZN Kingdom Stars te staan kom.
Eerste twee dae se bepalings :
14 Oktober: 9:00 – Gauteng Jaguars vs North West Flames, 11:00 – KZN Kingdom Stars vs Free State Crinums, 13:00 – Eastern Cape Aloes vs Tornados, 15:00 – WC Southern Stings vs Gauteng Golden Fireballs, 17:00 – Kingdom Queens vs Limpopo Baobabs.
15 Oktober: 8:00 – Gauteng Golden Fireballs vs Free State Crinums, 10:00 – Northern Cape Diamonds vs Mpumalanga Sunbirds, 12:00 – WC Southern Stings vs North West Flames, 15:00 – KZN Kingdom Stars vs Gauteng Jaguars, 17:00 – Limpopo Baobabs vs Eastern Cape Aloes. – MORGAN PIEK







