E Copy

Date:

Arno deel sy menswees deur musiek

Die musiekgogga het Bloemfontein se Arno de Wet in sy universiteitsdae gebyt en nou beoog hy om ander te help om nuwe musiek by ons land se kulturele skatkis te voeg.

De Wet, wat al van kindsbeen aan musiek blootgestel is, se gunsteling deel van musiek maak is die skeppende proses wat daarmee gepaard gaan.

“Die wete dat ek besig is om ‘n stukkie van my menswees te deel, en dat musiek eintlik ‘n storie vertel – so hoor mens nie net ‘n stuk musiek nie, maar ook dit wat die skrywer of komponis beïnvloed.”

Dié oud-Grey-leerder het na skool sy regsgraad voltooi waarna hy die beroepswêreld betree het, maar hy het toe besef dat hy sy drome wil najaag. “Daarom is ek tans besig om musiek aan die Universiteit van die Vrystaat te studeer. Behalwe vir sy sangtalent, speel hy ook die klavier, kitaar en saksofoon.

Hoewel hy nog self nie ‘n enkelsnit uitgereik het nie, het hy al musiek vir die welbekende en talentvolle Cezanne Yzelle en Mario Lategan geskryf.
Volg hom op Facebook by Arno de Wet.

Pierce van Heerden

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

ADVERT: A decade of meaningful recovery at Mondia Woodlands

Ten years ago, Mondia Health Woodlands’ Recovery Unit opened...

Free State health department debunks fake Hantavirus claims

In light of fake AI-generated posters claiming a suspected...

Lehan se buitengewone veggees inspireer die mense om hom

Toe Lehan op 29 Junie verlede jaar op net...

Public works renews EPWP employment contracts

The Free State department of public works and infrastructure...