Genade in Aksie het dringend hulp nodig

0
679
Genade in Aksie (GIA) se eienaar, Maureen Oosthuizen. FOTO: KELNÉ PHOTOGRAPHY

Genade in Aksie (GIA), ‘n nie-winsgewende organisasie in Bloemfontein, het ‘n beroep op inwoners gedoen vir skenkings vir behoeftige persone.

Volgens GIA se Maureen Oosthuizen begin hulle nou al met hul winterprojek. Hulle het inwoners aangemoedig om warm baadjies, komberse, skoene, gordyne en beddegoed te skenk. “Mense kan kinder- of grootmensklere skenk. Winter is besig om ons te bekruip en ons mense het ons nodig.”

GIA werk tans aan ander projekte waar hulle bederfbare kosse en verpakte suiwelprodukte in die gemeenskap versprei en meubels aflaai by gesinne wie se huise afgebrand het. Hulle fasiliteer mediese besoeke en gee ondersteuning aan gesinne.

Oosthuizen sê indirekte hulp is ook dringend nodig. “Ons kry geen subsidie nie, en al ons dienste is tans gratis. Dit beteken ook dat ons nie salarisse verdien nie. Ons het baie kundige mense om te help, maar omdat ons ‘n nuwe organisasie is, het ons nie voertuie, kombuise en die infrastruktuur nie.”

Raak betrokke by GIA deur Maureen Oosthuizen te kontak by 082 894 3013.

Sazly Hartzenberg

sazly@mahareng.co.za