Alzheimer’s Vrystaat hou bewusmakingsdag

0
2133

Alzheimer’s Vrystaat het onlangs, in samewerking met die Noorderbloem-aftreeoord, ‘n bewusmakingsdag oor Alzheimers se siekte gehou.
Inwoners van Noorderbloem asook die breë publiek is uitgenooi om die dag by te woon. Ongeveer 100 mense het by die geleentheid opgedaag om meer oor die siekte te wete te kom.
‘n Paneel van professionele deskundiges, insluitend ‘n mediese professor, ‘n doktor in maatskaplike werk, ‘n sielkundige en drie maatskaplike werkers het vrae uit die gehoor beantwoord.
Onder bespreking was onder meer wat Alzheimer se siekte is, wat die term demensie beteken, die diagnose van die siekte, eerste simptome, die verskil tussen Alzheimer se siekte en ouderdomsverwante demensie, hoe om ‘n persoon met Alzheimer se siekte te hanteer en hoe mens ‘n gesonde leefstyl kan handhaaf.
Alzheimer’s Vrystaat hou op 11 Mei ‘n bewusmakingsveldtog by die Siesta-aftreeoord, maar dit is uitsluitlik vir inwoners en personeel bedoel en gaan ‘n ander formaat aanneem. – Jeretha Oosthuizen

info@bloemfonteincourant.co.za