E Copy

Date:

Alec Marz hou sy lyf ook akteur

Alec Marz, welbekende sanger van Bloemfontein, het onlangs sy lyf akteur gehou in die kortfilm, Katgriep.
Oorspronklik ‘n boerseun van die klein dorpie Zastron in die Oos-Vrystaat, was hy tot onlangs nog ‘n Bloemfonteiner. Sy hart het hom teruggeroep na die platteland en hy woon op die oomblik in Brandfort.
Sy loopbaan het begin toe hy in die koor op Lady Grey gesing het. “Die skool het ‘n baie goeie koor gehad en ek het ook baie solo’s gesing,” vertel hy. In 2000 het hy professioneel begin sing.
Popmusiek is natuurlik sy gunsteling, veral in sy moedertaal. “Ek gaan binnekort my nuwe liedjie, Liefde het die laaste sê, vrystel en ook aan die musiekvideo begin skiet,” verklap hy.
Marz het verras toe hy onlangs sy verskyning gemaak het in die kortfilm, Katgriep. Hy het die rol van Oliver, ‘n 50 jarige beneukte ou oom met twee kinders, gespeel. “In die storie is ek ‘n pa van ‘n dogter wat op skool is, maar sy het ‘n kind. Sy wil niks doen nie, net by die huis lê. My seun, Kokkerot, is ‘n dwelmhandelaar.” Die les uit die kortfilm is dat geld nie alles is nie.
Marz was vir lank deel van die Rosestad, maar hy geniet die rustigheid en stilte van die platteland. “Ek hou van die natuur om my. Ek hou daarvan om in die veld te sit en na die natuur se geluide te luister. Die voëltjies en diere.” In sy vrye tyd kampeer hy graag langs ‘n dam of ‘n rivier. “Ek skakel af en kry inspirasie vir die volgende liedjie.” Hy dink die Rosestad het die mooiste meisies in die land en het goeie herinneringe van die Vrystaat-Kunstefees, Bloemskou en die mense. “My fans en vriende is hier.” Bloemfonteiners hoef nie bekommerd te wees nie. Hy gaan nog gereeld ‘n draai in Bloemfontein maak. “My hart lê hier. Ek sal altyd ‘n Vrystaater, ‘n boerseun, bly.”
Marz toer Desember langs die Tuinroete af. Hy begin in PE en eindig in Mosselbaai. Hy sal op Oujaarsaand by 2 Zero Bravo te sien wees.
Volg hom op Instagram of op Twitter en gaan ‘like’ sy fanpage op Facebook.
Vir enige besprekings kontak 084-434-5048.

Jeretha Oosthuizen 
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Agricultural terminology workshop promotes workplace inclusion through SASL

The department of agriculture, rural development and environmental affairs...

Pencil In: 23 July 2026

23 July: Prosperity Enterprises will host a Property Investors’...

Government welcomes 0.5% GDP growth in first quarter

Government has welcomed South Africa's 0.5% gross domestic product...

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...