MORGAN PIEK
Bloemfontein – Die Internasionale Tennisfederasie het die voormalige wêreld nommer twaalf, Viktor Troicki, vir 18 maande uit die sport geskors nadat hy skulding bevind is vir die verontagsaming van tennis se opkikkerreëls.
Die 27-jarige speler van Serbië het die reëls verontagsaam toe hy nie ‘n bloedmonster tydens ‘n opkikkertoets by die Monte Carlo Meesters in April ingedien het nie.
Die ITF het bevind dat sy redes om nie die bloedmonster in te dien nie, nie geldige genoeg is nie om die reëls te verontagsaam.
Troicki mag eers in Januarie 2015 weer tennis speel.







