Verdagtes gesoek oor twee kitsbankrooftogte in Bloemfontein

0
619

CHRISTAL-LIZE MULLER

Die polisie in Bloemfontein soek na twee verdagtes wat Saterdag in die vroeë oggendure ‘n kitsbank in Fichardtpark opgeblaas en geld gesteel het.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê die mans het aanvanklik die kitsbank by die Saferite-sentrum sonder enige sukses met pikstele probeer oopbreek.

Die verdagtes het daarna die kitsbank met plofstof opgeblaas. Volgens Marope het die verdagtes met ‘n onbekende bedrag geld op die vlug geslaan.

Hy sê die moontlikheid bestaan dat dieselfde verdagtes betrokke kan wees by ‘n ander voorval, waarin ‘n kitsbank by SA Truck Bodies in Bloemfontein, Saterdagoggend vermoedelik enkele ure na die eerste voorval, opgeblaas is.

Polisiewoordvoerder, Joy Xaba, sê ses mans met klapmusse aan was betrokke by dié voorval. Hulle is ook met ‘n onbekende bedrag geld weg.

‘n Saak van diefstal en saakbeskadinging word ondersoek.