E Copy

Date:

Valke vang oudstaatsamptenaar, petroljoggie vir bedrog

Die Valke in die Vrystaat het ‘n suksesvolle week agter die rug nadat hulle ‘n voormalige werknemer van die Vrystaatse gesondheidsdepartement en ‘n petroljoggie ná twee afsonderlike ondersoeke in verband met bedrog in hegtenis geneem het.

Die Valke in die Vrystaat se woordvoerder, S’fiso Nyakane, sê ‘n 48-jarige man, wat voorheen ‘n bestuursposisie by die Vrystaatse psigiatriese kompleks in Bloemfontein se afdeling vir voorsieningsbestuur beklee het, is gister in Noordwes in hegtenis geneem ná ‘n lang en uitgebreide ondersoek deur die Valke. Volgens Nyakane het die verdagte, wat ‘n perseelbestuurder was voordat hy bedank het, die gesondheidsdepartement met miljoene rande ingedoen.

Hy het na bewering vervalste tenderaansoeke van sowat R7.8 miljoen van 2013 tot 2015 ingedien, waarna hy verlede jaar in April uit sy pos bedank het toe hy vermoedelik bewus geword het van die Valke se ondersoek. Dié ondersoek het vroeg verlede jaar begin.

Nyakane het nie verder uitgebrei oor waar in Noordwes die verdagte in hegtenis geneem is nie, maar het beklemtoon dat sy inhegtenisneming nie moontlik sou wees nie as dit nie vir die goeie samewerking tussen die Valke in die Vrystaat se eenheid vir kommersiële misdrywe en hul eweknieë in Noordwes was nie.

Altesaam 194 klagte van bedrog, geldwassery en die indien van vervalste dokumente staar die verdagte in die gesig. Hy sal na verwagting vandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Die Valke in die Vrystaat het vandeesweek nóg sukses behaal toe ‘n petroljoggie by ‘n vulstasie langs die N1 in Bloemfontein in hegtenis geneem is in verband met die besit van ‘n toestel om bankkaarte te kloon.

Volgens Nyakane het FNB se bedrogafdeling inligting verskaf wat weer deur die Valke se eenheid vir kommersiële misdrywe opgevolg is. Die 28-jarige verdagte is by die werk aangekeer. Hy was in besit van die toestel wat hy na bewering gebruik het om kliënte se bankkaarte te kloon wanneer hulle vir dienste betaal het.

Die verdagte sal ook na verwagting vandag in die landdroshof in Bloemfontein op aanklagte van bedrog verskyn.

Christal-Lize Muller

Share post:

Popular

More like this
Related

Agricultural terminology workshop promotes workplace inclusion through SASL

The department of agriculture, rural development and environmental affairs...

Pencil In: 23 July 2026

23 July: Prosperity Enterprises will host a Property Investors’...

Government welcomes 0.5% GDP growth in first quarter

Government has welcomed South Africa's 0.5% gross domestic product...

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...