Sanzar Hoof Uitvoerende Beampte Greg Peters het bevestig dat hulle ‘n rol gespeel het in die Internasionale Rugbyraad se besluit om hul mening te lug oor Franse skeidsregter Romain Poite se swak vertoning tydens die Springbokke en All Blacks se Rugbykampioenskap-toets op Edenpark in Auckland.
Poite is grootliks gekritiseer vir die rol wat hy gespeel het in Springbokhaker Bismarck du Plessis se 17de minuut geelkaart en 42ste minuut rooikaart.
Peters het ook bevestig dat die Fransman geen verdere rol sal speel tydens die toernooi se oorblywende toetswedstryde nie.
Peters sê as gevolg van die IRR se standpunt oor neutrale skeidregters het hulle geen ander opsie as om noordelikehalfrond- skeidsregters verder te gebruik nie.
Steve Walsh is Australië se enigste skeidsregter op die elite-paneel, maar aangesien hy ‘n Nieu-Seelander is, mag hy egter nie toetse tussen die Springbokke en All Blacks blaas nie.







