E Copy

Date:

Oorlose Pit Bull erg verwaarloos

 

pit bull1 (2)pit bull2 (2)In die vroeë oggendure het die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van Bloemfontein ‘n erg  verwaarloosde en maer Pit Bulterriër in hul erf gevind wat oor die DBV se muur gegooi is.

Reinet Meyer van die DBV het berig dat die hond  vreeslik uitgehonger en maer was.  Hy het ook wonde aan sy lyf gehad.

Die hond se kop was aanvanklik twee maal so groot soos sy lyf geswel, nadat hy vermoedelik deur ‘n ander hond gebyt of deur iemand geslaan is.

 

Boonop was die hond se twee ore afgesny.  Dit kan aandui dat die hond waarskynlik in Pit Bul-gevegte betrokke was. Die hond het ook erge hondesiekte genaamd Distemper onder lede.

“Ons kon duidelik sien dat die hond vir ‘n geruime tyd op hok gestaan het, omrede sy

toonnaels vreeslik lank uitgegroei was,” het Meyer gesê.

 

Enigeen met inligting oor die hond of sy eienaar word gevra om die DBV te kontak.

Alle inligting sal vertroulik gehou word.  Die Bloemfontein DBV kan by 051-447380 gebel word. Rig navrae aan Reinet Meyer 082 923 2639.

 

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Agricultural terminology workshop promotes workplace inclusion through SASL

The department of agriculture, rural development and environmental affairs...

Pencil In: 23 July 2026

23 July: Prosperity Enterprises will host a Property Investors’...

Government welcomes 0.5% GDP growth in first quarter

Government has welcomed South Africa's 0.5% gross domestic product...

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...