E Copy

Date:

Motheo-bedrogsaak uitgestel

DUANE PETRUS – Die vonnisoplegging van die Motheo-kollege se voormalige rekenmeester wat aan 60 klagte van bedrog en diefstal skuldig bevind is, is tot more uitgestel.
37-jarige Jacques Wilhelm Grobler het na bewering die kollege uit meer as R1.3 miljoen tussen April 2009 en Maart 2011 bedrieg.
Die hof het vroëer gehoor dat Grobler geld wat aan verskeie diensverskaffers betaal  moes gewees het in sy vriend se rekening betaal het.
Hy net na bewering toe die geld in sy eie sak gesteek.
Hy het vervalsde dokumente as bewys dat die geld in die rekeninge oorbetaal is verskaf.
Die Bloemfonteinse streekshof sal môre hoor wanneer ‘n Motheo-beampte beskikbaar sal wees om te getuig sodat ‘n verhoordatum vir volgende week bepaal kan word.

Share post:

Popular

More like this
Related

National MTB stars ready to light up Happy Valley

The stage is set, and Bloemfontein is ready to...

Faf gereed vir Cheetahs-debuut teen ou span

Die gesoute Springbok-skrumskakel Faf de Klerk sal Sondag sy...

Pencil In: 16 July 2026

Dates to pencil in... 16 July: Unwind after a long day...

Two arrested in Meloding for possession of explosives

Two men, aged 37 and 47, have been arrested...