Dit is die naweek (16 Mei) weer tyd vir die jaarlikse Monkeynastix Pet Action-hondjieloop. Dit is ook die sesde jaar dat die gewilde pretdag saam jou grootste vriend aangebied gaan word.
Alle honde-eienaars – oud en jonk – kan by Eunice-sportterrein (by Eunice-hoofingang draai regs en volg die pad tot by die sportvelde) inskryf om saam te loop. Selfs al het jy nie ‘n hond nie, kan jy saam met die groep kom stap. Die hondloopoggend is ten bate van die Pet Action wat uitstekende werk met verwaarloosde en mishandelde diere doen.
Bring ‘n geldjie om ‘n lootjie te koop om ‘n geskenkpak vir jou hond te wen. Daar gaan ook lekker worsbroodjies en pannekoek te koop wees.
Ons loop om die velde en dis veilig vir die kinders om dit te kom geniet.
Program vir 16 Mei:
9h00 inskrywings
9h30 tot 10h30 Loop vind plaas
10h30 Gelukstrekkings
‘n Gratis Monkeynastix-kwartaal ter waarde van R545 kan gewen word
Inskrywingsgeld – R30 per persoon wat loop (botteltjie water ingesluit) en R5 per hond.
Alle honde aan leiband asseblief.
Vir meer inligting bel Jaco en Connie van Zyl by Monkeynastix by 082 412 421 6







