E Copy

Date:

Heidedal-plakkers blameer wyksleiers

Duane Petrus – Die vinger word gewys na twee wyksleiers van Heidedal in Bloemfontein en inwoners het sê dié twee het toestemming gegee om in die woonbuurt te begin plak.
Die leier van wyk 47, ANC-raadslid Vernon Ward en Wyk 16 se leier, die DA se Attie Terblanche, is uitgewys as die mense wat dié toestemming gegee het.
Dit kom nadat honderde inwoners ‘n oop veld in Ashbury, wat voorheen ‘n stortingsterrein was, binnegeval het en hier begin plak het.
Inwoners het aangedring dat albei teenwoordig is by ‘n vergadering gisteraand tussen hulle en die Mangaung-metro-munisipaliteit. Ward het dié gerugte ontken.
“Ek is bly dat julle in groot getalle hier opgedaag het, en ek sal herhaal wat ek Saterdag gesê het. Ek het gesê laat ons die ding op ‘n regte en ordelike manier doen. Ek het ook gesê: Ek sê nie julle moet hier plak en ek sê ook nie julle moenie hier plak nie, maar ek weet daar is ‘n behoefte vir behuising,” het Ward verdedig.
Terblanche, wat nie die vergadering bygewoon het nie, het dit ook ontken.
“Hulle het besluit hulle wil die grond self vat, en nou gebruik hulle my naam en sê ek het hulle toestemming gegee. Ek het gesê hulle mag nie daar plak nie, maar die keuse lê by hulle,” het Terblanche bygevoeg.

Share post:

Popular

More like this
Related

Agricultural terminology workshop promotes workplace inclusion through SASL

The department of agriculture, rural development and environmental affairs...

Pencil In: 23 July 2026

23 July: Prosperity Enterprises will host a Property Investors’...

Government welcomes 0.5% GDP growth in first quarter

Government has welcomed South Africa's 0.5% gross domestic product...

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...