E Copy

Date:

Ernstige gesondheidsgevaar broei in Pasteurrylaan

Pasteurrylaan se stormwaterkanaal tussen Hospitaalpark en Fichardtpark word sedert 8 Junie 2018 bevuil deur ‘n riooloorloop, wat groot kommer onder inwoners en omgewingsvoorstanders veroorsaak.

Volgens die hoofbestuurder van die Fichardtpark Woonbuurt Assosiasie (FWA), Jacques Meiring, is die riooloorloop herhaaldelik deur plaaslike inwoners, huiseienaarsverenigings en wyksberaders by Mangaung-amptenare by die betrokke departement van Paaie en Stormwater aangemeld. “Plaaslike inwoners het hul frustrasies en woede te kenne gegee oor die nalatigheid wat tot hierdie omgewingskatastrofe gelei het. Die stank wat uit die kanaal kom en die sigbaar besmette water hou ernstige gesondheidsbekommernisse vir mense en diere in,” sê Meiring.

Die hoofbestuurder van die Fichardtpark Woonbuurt Assosiasie Jacques Meiring en sekuriteitsbestuurder Jeandré Swarts. FOTO: Justine Fortuin

Hy het bygevoeg dat die FWA ‘n skoonmaakaksie aan beide kante van die stormwaterkanaal gedoen het en dat dit ‘n hernude bewustheid van die krisis tot gevolg gehad het. “Die rou riool beland in die Renosterspruit, Krugersdriftdam en die Oranjerivier,” het hy gesê. Bloemfontein Courant het die kanaal besoek en die stank teëgekom waarna Meiring verwys het. Hy het aan die publikasie gesê die wyksberaders van Hospitaalpark en Fichardtpark het hom verlede week Vrydag (25 Augustus) ingelig dat ’n span van Paaie en Stormwater die volgende dag (Saterdag 26 Augustus) aan die probleem sal aandag gee. “Niemand was tot nou toe hier nie [verwys na Dinsdag 29 Augustus].

Rou riool in die kanaal. FOTO: Justine Fortuin

Hulle maak elke keer net beloftes,” sê Meiring. Jeandré Swarts, sekuriteitsbestuurder van FWA, het gesê sy span het die skoonmaak-inisiatief hanteer en die kwessie het so erg geraak dat hy nie kon toelaat dat hulle te naby aan die kanaal kom nie, aangesien die rou riool hul gesondheid kan beïnvloed.

“Nog ‘n bekommernis wat ons het, is die algehele onderhoud van die kanaal aangesien daar ‘n paar betonblaaie is wat gekraak en weggebreek het van die kanaalmure. Hierdie blaaie is uitgespoel tot aan die einde van die kanaal in Pasteurrylaan en dit kan ‘n verstopping veroorsaak as daar nie aandag aan gegee word nie. Dit kan ‘n selfs groter probleem tot gevolg hê aangesien die kanaal kan oorloop en die huise in die pad kan oorstroom,” sê Swarts.

‘n Paar betonblaaie wat gekraak en weggebreek het van die kanaalmure. FOTO: Justine Fortuin

Bloemfontein Courant het na die betrokke departement uitgereik vir terugvoer rakende hierdie kwessie en het teen druktyd geen reaksie ontvang nie.

“Die gemeenskappe van Hospitaalpark en Fichardtpark eis die dringende herstel van die riooloorloop. Die jare lange uitstaande oorloopvoorval dien as ’n skrille herinnering aan die dringende behoefte om die gesondheid van ons waterweë en die welstand van ons gemeenskappe te prioritiseer,” pleit Meiring.

Justine Fortuin
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Agricultural terminology workshop promotes workplace inclusion through SASL

The department of agriculture, rural development and environmental affairs...

Pencil In: 23 July 2026

23 July: Prosperity Enterprises will host a Property Investors’...

Government welcomes 0.5% GDP growth in first quarter

Government has welcomed South Africa's 0.5% gross domestic product...

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...