Sowel effektetrusts as ETF’s is sogenaamde kollektiewe beleggingskemas. Die eerste vraag sal seker wees: “Wat is ‘n ETF?” ETF staan vir Exchange Traded Fund, of in Afrikaans, ‘n beursverhandelde fonds.
Dit beteken jou geld as belegger ‘gepoel’ word saam met diĆ© van ander beleggers, en dan koop ‘n batebestuurder namens jou verskillende sekuriteite (soos aandele) aan, en bestuur dit. In die geval van effektetrusts, sowel as ETF’s, kry jy ‘n porporsionele belang in die onderliggende bates (aandele, effekte, ensomeer), wat die fonds hou.
In die geval van ‘n effektetrust kry jy eenhede in die fonds, en die waarde van die eenhede verander soos wat die onderliggende sekuriteite se pryse verander. In die geval van ‘n ETF, kry jy ‘n deelnemende belang in die betrokke sekuriteit wat die fonds hou. Albei effektetrusts en ETF’s kan dus in aandele, eiendom, effekte en kontant op die plaaslike mark, en ook buitelandse markte, belĆŖ.
Vir effektetrusts koop jy by ‘n batebestuurder aan, terwyl jy ‘n ETF direk op die aandelebeurs koop, soos wat jy ‘n aandeel sou koop. Konvensionele ETF’s is meer passiewe beleggings van aard, met ander woorde, dit volg ‘n indeks na. So kry jy ETF’s wat byvoorbeeld die Top 40 Indeks sal navolg. Dus sal jou belegging se prestasie (voor koste) ooreenstem met dit wat die Top 40 Indeks sou opgelewer het.
Vandag kry egter ook “slim” ETF’s wat met verskillende strategieĆ« sal poog om uit te presteer. Aan die ander kant, probeer die batebestuurder van ‘n effektetrust, deur aktief sekere posisies in te neem, sy maatstaf (benchmark) uit te presteer. Omdat ETF’s passief bestuur word, is hulle oor die algemeen goedkoper as effektetrusts. Nou watter een van effektetrusts en ETF’s is dan die beste?
Niemand weet nie, daar is geldige argumente wat deur ETF-voorstanders geopper word en dit gaan maar gewoonlik oor die koste, en die bewering dat aktiewe fondsbestuurders selde hulle maatstawwe (benchmarks) kan uitpresteer. So beweer die voorstanders van effektetrusts weer dat jou goeie, aktiewe batebestuurders dit wel regkry om oor die langer termyn hulle maatstawwe uit te presteer.
Die verhoogde koste is dus geregverdig, omdat jy as die belegger steeds nĆ” koste beter sal doen as wat jy sou doen in ‘n passiewe ETF wat net ‘n indeks navolg. Bogenoemde vergelyking tussen ETF’s en effektetrusts is baie vereenvoudig. Soos genoem, is daar reeds heelwat variasies van ETF’s, en daar is ook ‘n indrukwekkende verskeidenheid van effektetrusts.
Jy kan selfs kombinasies van ETF’s en effektetrusts gebruik as jy onseker is. Doen egter jou huiswerk en praat met kundiges.
[email protected]
Date:







