E Copy

Date:

Dis môre 500 nie uit nie vir die Proteas

MORGAN PIEK

Bloemfontein – Die Proteas gaan probeer om more hul 500ste eendagwedstryd met ‘n oorwinning te vier.

Die Suid-Afrikaners sê Pakistan op St George’s Park in Port Elizabeth in die tweede van drie kitswedstryde die stryd aan.

Krieket Suid-Afrika-hoofbestuurder, Haroon Lorgat, het die Proteas geloof vir hul prestasies op die krieketveld die afgelope 22 jaar.

Van die 499 eendagwedstryde wat hulle gespeel het, het hulle 307 gewen. Lorgat sê dié statistiek is uitsonderlik en is bewys daarvan dat Suid-Afrika met die groot name kan saamgesels.

Pakistan is tans 1-0 voor in die reeks. Die derde en laaste kitswedstryd word Saterdag in Centurion gespeel.
 

Share post:

Popular

More like this
Related

Blind DJ calls for equality in the entertainment industry

A local blind disc jockey from Thaba Nchu calls...

Pencil in – 15 May/15 Mei 2025

15 May: Food & Wine Pairing: Experience an unforgettable...

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...