E Copy

Date:

Die woelinge van jonkwees

Ons herdenk oor ‘n bietjie meer as ‘n week Jeugdag in ons land. Baie jare gelede is ‘n klein seuntjie, Hector Pieterson, in die skoolopstand in Soweto geskiet. Die seer in die oë van die jong man wat Hector ná die skietery gedra het, het my aangegryp.
Jong mense in ons land ken die seer van alleenheid en verwerping. Die oomblik waar ek net nie meer moed het om te kies en voluit te lewe nie.
Met dit in gedagte, staan my gedagtes vandag stil by die bekende woorde in die Bybel – ek haal dit aan uit die 1933-vertaling: “Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou, deur dit te hou aan U woord!”
Die teks leef in my kop en ek dink aan die keuses van ‘n jong mens se lewe. Hoe dink ons oor situasies en die lewe? Hoe kies ons en wat leef in ons gedagtes? Waarmee vul ons ons lewe?
Uiteindelik bring Jeugdag my by herinneringe, maar ook die waardes wat jou en my lewe kan rig. Watter rol speel die Bybel en die waardes wat daarin beskryf word nog in jou en my lewe?
Baie vrae, maar net ek en jy ken die anwoord.

DS STEPHAN VAN HEERDEN

Previous article
Next article

Share post:

Popular

More like this
Related

Three young learners received Tosca school bags through a community initiative

Bag Mania, located at Southern Centre in Fichardtpark, recently...

Eskom powers remote Santiago homes after 30 years without power

A remote community in the mountainous Eastern Free State...

SAPS leads child protection awareness campaign in Bloemfontein

The South African Police Service (SAPS) in the Free...

Foundation brings hope through community soup kitchen

The Enani Nkhoma Children Foundation continues to make a...