E Copy

Date:

Cheetahs sal vyf punte jaag

Die Toyota Cheetahs wil terugkeer na hul natuurlik aanvallende rugby wanneer hulle Saterdag teen die Bulle te staan kom in die laaste rondomtalie-wedstryd van die Curriebeker.

Die Vrystaters het in hul laaste twee wedstryde van die reeks teen die Griekwas en die Poemas vasgeval en dit het hulle kanse om ‘n moontlike tuiseindstryd aan te bied ernstig geknou.

Daar is egter nog ‘n buitekans om bo-aan die punteleer te eindig, maar dit behels dat hulle Saterdag die verdedingde kampioen oortuigend troef met ‘n bonuspunt. Dit alleen sal egter nie genoeg wees nie; hulle sal ook die span van die Jakarandastad moet klop sonder om enige punte op die punteleer af te staan.

Die Cheetahs is steeds die beste span in die toernooi wat vedediging aanbetref en hulle het die minste drieƫ tot dusver afgestaan. Dit sal vandeesweek baie belangrik weens aangesien die Bulle nie meer as drie drieƫ mag druk nie. Die aanval sal ook moet opgeknap word, want die drieƫ was maar min gewees teen die Kwaste en Poemas.

Die Cheetahs se hulpafrigter, Charl Strydom, het aan Bloemfontein Courant gesĆŖ dat hulle weer moet begin doen wat vir hulle gewerk het toe hulle vroeĆ«r vanjaar nege wedstryde in ‘n ry gewen het.

“Tydens die hersiening van die wedstryd teen die Poemas was die groot boodskap dat ons moet doen wat ons tot dusver goed gedoen het. As ons aanhou met wat ons goed doen is daar geen rede hoekom ons nie goed kan vaar teen die Bulle nie. Ons het die vyf punte nodig en albei spanne sal aanvallende rugby speel.”

Die Cheetahs is ook onlangs met beserings aan belangrike spelers geteister, maar dit is op die stadium nie ‘n groot bron van kommer nie. Die vuurvreter-flank, Gideon van der Merwe, sal egter die kragmeting misloop as ‘n voorsorgmaatreĆ«l.

Saterdag se groot kragmeting teen die Bulle by die Toyota-stadion skop om 17:45 af. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

ADVERT: A decade of meaningful recovery at Mondia Woodlands

Ten years ago, Mondia Health Woodlands’ Recovery Unit opened...

Free State health department debunks fake Hantavirus claims

In light of fake AI-generated posters claiming a suspected...

Lehan se buitengewone veggees inspireer die mense om hom

Toe Lehan op 29 Junie verlede jaar op net...

Public works renews EPWP employment contracts

The Free State department of public works and infrastructure...