Die jaarlikse CRC-padwedloop van Bloem Striders Marathonklub vind Saterdag in Fleurdal, Bloemfontein plaas. Daar sal wedlope oor 10 km en 5 km asook oor 1 km vir kinders aangebied word.
Die deelnemers spring weg en die wedlope eindig weer op die CRC-terrein in Vereeniging-weg, Fleurdal
Die deelnemers spring om 06:00 weg vir die 10 km-wedloop waarna die ander twee wedlope onderskeidelik om 06:15 en 07:15 begin. Dit kos R40 om aan die 10 km-weldoop deel te neem. Vir die 5 km-wedloop kos dit R20 en vir die kinders se wedloop R10.
Deelnemers kan prysgeld, medaljes wen, terwyl daar ook heelwat geluktrekkings sal wees.
Vooraf-inskrywings kan reeds Vrydag by die kerk tussen 17:00 en 18:00 gedoen word. Anders kan deelnemers Saterdag voor die wedlope om 05:00 nog inskryf.
Vir meer ligting kan verkry word by Suleen by 083-743-1991; Jacques by 072-386-6572 of aanlyn by [email protected]







