E Copy

Date:

Beweerde renosterstropers buite Bloemfontein aangekeer

Twee Mosambiekse mans met hangende sake van beweerde renosterstropery in Limpopo en twee van hul makkers, ook oorspronklik van Mosambiek, is die naweek net buite Bloemfontein aangekeer. Provinsiale woordvoerder van die Valke, S’fiso Nyakane, sĂȘ die verdagtes se motor is Saterdagmiddag in ‘n intelligensie-gedrewe veldtog in samewerking met die polisie se hoofwegpatrollie op die N1 langs ‘n vulstasie afgetrek. Dit kom nadat die Valke die verdagtes, wat van Pretoria is, se bedrywighede sedert verlede Vrydag gevolg het. Hulle is buite Bloemfontein aangekeer toe hulle op pad terug van die Oos-Kaap na Pretoria was.

Hy sĂȘ die verdagtes se motor is deursoek. Daar is op ‘n .458-kaliber-geweer, tien patrone, ‘n knaldemper, ‘n byl, asook sement en vloeistof waarmee renosterhorings geseĂ«l word nadat dit verwyder is, beslag gelĂȘ. Daar is ook op die verdagtes se motor beslag gelĂȘ.

Die verdagtes het Maandag vlugtig in die plaaslike landdroshof op ‘n aanklag van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie verskyn. Hul onmiddellike aansoek om borgtog is nie toegestaan nie.

Daniel Chauque (38), Tony Mbilankulu (39), Kimione Rangani (36) en Joao Chauque (26) sal na verwagting eerskomende Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Chauque en Mbilankulu het hangende sake van beweerde renosterstropery teen hulle. Volgens Nyakane is Daniel en Joao broers.

Die polisie in die Vrystaat se woordvoerder, Peter Kareli, het Bloemfontein Courant Maandag na die Valke verwys wat die ondersoek oorgeneem het. Kareli het egter die inhegtenisneming bevestig. – Christal-Lize Muller   

Share post:

Popular

More like this
Related

Agricultural terminology workshop promotes workplace inclusion through SASL

The department of agriculture, rural development and environmental affairs...

Pencil In: 23 July 2026

23 July: Prosperity Enterprises will host a Property Investors’...

Government welcomes 0.5% GDP growth in first quarter

Government has welcomed South Africa's 0.5% gross domestic product...

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...