E Copy

Date:

Bejaarde egpaar in hul plaashuis by Kroonstad aangeval

Die polisie in die Vrystraat soek na twee rowers nadat ‘n dokter en sy vrou gisteraand in hul plaashuis by Kroonstad aangeval is. Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê die 71-jarige Jacobus Troskie het omstreeks 19:00 by die huis aangekom. Sy 69-jarige vrou, Natalie, was alleen tuis. Troskie het met sy aankoms iets geruik wat in die huis brand. Hy kon niks vind in die kombuis nie, waarna hy na hul slaapkamer waar sy bedlêende vrou was, is. Thakeng sê Natalie het voorheen ‘n beroerte-aanval gehad. Volgens hom het ‘n man ‘n vuurwapen op Troskie gerig voordat hy in hul slaapkamer kon ingaan. Troskie het nie teruggestaan nie. Hy het teruggeveg en in die gestoeiery daarin geslaag om die booswig se vuurwapen, wat eintlik ‘n plastiese speelgoedgeweer is, by hom afgeneem. Sy aanvaller het hom daarna met ‘n pyp oor die kop geslaan. Die rower het hom na hul slaapkamer gesleep.

Thakeng sê Troskie is op ‘n stoel vasgebind. Nog ‘n man was in die slaapkamer besig om die egpaar se kluis met ‘n hoeksnyer oop te sny. Sy vrou was in hul bed. Troskie is deursoek en ‘n onbekende bedrag geld is afgevat. ‘n Vuurwapen is uit die kluis geneem. Volgens Thakeng is die booswigte met Troskie se Toyota bakkie vort. Troskie se selfoon is ook gebuit. Hy het later daarin geslaag om homself los te wikkel en het na ‘n openbare pad by sy plaas geloop om hulp te ontbied. Troskie is ook met ‘n vuurwapen in die maag geslaan.

Thakeng sê die booswigte het Natalie met ‘n hoeksnyer, ‘n graaf en ‘n byl gedreig as sy nie haar samewerking gee nie. Een van die egpaar se honde is vergiftig. Hy vra enigiemand met inligting om hul naaste polisiekantoor te bel. – Christal-Lize Muller

Share post:

Popular

More like this
Related

Public works renews EPWP employment contracts

The Free State department of public works and infrastructure...

Young author raises awareness through personal journey

Tlhokomelo Phalatsi, 20, is a young aspiring writer from...

Cheetahs and co ready for international challenge on home soil

The Toyota Cheetahs return to action on Friday when...

Vrystaat-stoeiers wys hul staal op nasionale vlak

Vrystaatse stoeiers het die afgelope naweek weer uitstekend gevaar...