129 Gesondheidswerkers moet almal in hof verskyn

0
617

Duane Petrus – ‘n Aansoek dat 10 aangeklagdes van ‘n groep van 129 voormalige gehondheidswerkers namens almal kan verskyn is vandag in die Bloemfontein landdroshof teengestaan.

Die werkers staan tereg op aanklagte van onwettige samekoms, nadat hulle in Julie vanjaar betoog het oor beweerde wanbestuur in die provinsiale gesondheidsdepartement.

Hul regsverteenwoordiger, Madeleine Pretorious, sê die aansoek is gebring omdat baie van die werklose beskuldigdes geld moet opdok en ver moet reis om in die hof te verskyn.

Hulle het ook gevra dat die klagtes teen die ander 119 aangeklagdes voorlopig teruggetrek moet word, en of hulle net op ‘n gevorderde stadium van die saak teenwoordig mag wees .

Dié aansoek was geweier omdat dit glo te veel administrasie werk sal wees om die ander 119 op ‘n later stadium te dagvaar.

Pretorius het die hof gevra om die saak uit te stel om hul genoeg tyd te gee om terugvoering te kry van die nasionale direkteur van openbare vervoling.

Die hof het ook gehoor dat dit moeilik was om drie aangeklagdes op te spoor wat nie by ‘n vorige verskyning teenwoordig was nie. Al 125 aangeklagdes sal weer op 29 Januarie in die hof verskyn.