E Copy

Date:

Rieldans se “Ta’ Grietjie” sterf

Ouma Grietjie Adams, oftewel Ta’ Grietjie van Garies wat bekendheid verwerf het vir haar weergawe van dis ‘n Lekker ou Jan, is Dinsdagaand in die ouderdom van 87 in die Bergsig-ouetehuis op Springbok oorlede. Sy is vermoedelik weens ouderdomverwante kwale dood.
Sy word beskryf as ‘n ikoon vir Garies in die Noord-Kaap, as gevolg van die manier hoe sy selfs op ‘n hoë ouderdom mense van die omgewing met haar sang en deelname aan rieldanse inspireer het. Sy het in 2006 ‘n toekenning van die instituut van justisie en rekonsiliasie ontvang vir die versoeningswerk wat sy in haar gemeenskap gedoen het. Sy word beskryf as ‘n “baie energieke persoon wat lekker kon sing en die riel kon dans”.
Elias P Nel, wat die ATKV se jaarlikse rieldanskompetisie reël, het Woensdag aan Maroela Media gesê “Ouma Grietjie” se heengaan gaan ‘n groot leemte laat. “Haar sterfte is ‘n groot verlies vir die Afrikaanse kultuur. Ouma Grietjie het ‘n geweldige herlewing in Afrikaans tot gevolg gehad met haar weergawes van Afrikaanse volksliedjies.”
Die sanger en aktivis Steve Hofmeyr het Dinsdagaand op Twitter geskryf: “Tannie Grietjie van Garies sopas oorlede. Maar ou Jan sal vir ons lekker bly vir altyd. Goed rus kleine lady. Jy was ons almal se ouma.”

Phillip Bruwer / Maroela Media

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS law clinic partners with LPC for community legal awareness drive

The University of the Free State Law Clinic in...

Sluiting van Inibos is die einde van ’n era

Wat in 2020 tydens die onsekerheid van Covid-19 as...

Confusion over Westdene clinic closure

Residents took to social media last week to express...

Labour ramps up job creation efforts

The Free State department of employment and labour has...