E Copy

Date:

Om vry te wees

Ds. Stephan van Heerden

Die woord “vryheid” het dikwels ‘n politieke betekenis, maar om vry te wees beteken eintlik om jouself te kan wees in enige situasie. Ek onthou die eerste keer dat ek myself kon balanseer en ‘n blok ver kon ry met my nuwe fiets. Dit was ‘n ongelooflike ervaring. Ek het die wind in my hare gevoel en opgewonde het ek straat-af en straat-op gery. Ek kon nie genoeg daarvan kry nie; ek was vry! Mettertyd was daar ander ervaringe wat die gevoel van vryheid kon beskryf, maar die eerste keer op my fiets sou ek nooit vergeet nie.

  • Vryheid, het ek besef, is om iets wat nou gebeur te sien en te ervaar. So maklik leef ons net in die ervaringe van die verlede en fokus nooit op die hede nie.
  • Vryheid is om te dink wat jy wil dink en minder klem te lê op dit wat jy behoort te dink.
  • Vryheid is om jou gevoelens te beleef. Jy mag maar huil en bly wees. Jy mag maar mens wees.
  • Vryheid is om te kan kies; dit wat jy graag wil hê. Jy mag maar binne jou vermoë leef en keuses uitoefen al verskil ander met jou oor dié keuses. Hierdie vryheid het egter ook grense: Galasiërs 5:13 beskryf dit: “Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie.”
  • Dit alles is om vry te wees en mekaar te dien – vryheid werk tog deur liefde!

* Van Heerden is geestelike leier by die NG Klipkerk en ‘n pastorale sielkundige.

Share post:

Popular

More like this
Related

Centlec’s electricity crisis continues

The Democratic Alliance (DA) in Mangaung says it is...

War Graves Week celebrated at Hamilton war cemetery

War Graves Week celebrations have begun in Bloemfontein, with...

Safety fears drive Mangaung scrap metal ban

The Mangaung Metropolitan Municipality (MMM) says safety concerns, criminal...

Hawks investigate following Preller explosion

The Free State police in Bloemfontein have confirmed that...