Man kry borg vir BFN dosent se moord

0
810

Duane Petrus – Die man wat van die onlangse moord van ‘n dosent aan die Universiteit van die Vrystaat aangekla is, is vandag op R1 000 borgtog vrygelaat.

Khethang Romolula (18) het in die Bloemfontein landdroshof verskyn vir die moord op Lehlohonolo Mathengtheng, wat op 28 September in sy woonstel vermoor is.

Die ondersoekbeampte, Thabo Mokheti, het getuig dat die oorledene se hele woonstel besmet met bloed was, teen die tyd wat sy lyk ontdek is.

Hy was een keer met ‘n mes in die nek gesteek. Ramolula was op 18 Oktober in Botshabelo gearresteer.

Hy het glo sy bebloede t-hemp op die toneel vir ‘n sweetpak top van die oorledene verruil, voordat hy gevlug het. Mathengtheng se skootrekenaar, tablet en motor was vermis.

Hy sal weer op 12 Desember in die hof verskyn.

Sy borgtogvoorwaardes sluit in dat hy twee keer per week by die Bloemspruit polisiestasie aanmeld.