Eunice High School: Equestrian

Kiara Wolmarans, a Grade 9 learner at Eunice High School, competed at the Free State Regional Show held in Philippolis, earning several accolades. She competed in two divisions, winning the 3-Gaited Park U18 section, and finishing overall second in the 3-gaited division. She also competed in the 5-gaited division, ending as champion in the Grand Champion Pleasure, Pleasure U18, and overall 5-gaited U18 sections. She was also crowned champion of the Grand Championship for Junior Exhibitors.
Fichardtpark Primêre Skool: Karate en gimnastiek

Die Van Deventer-sussies van die Fichardtpark Primêre Skool het albei vroeër in November in hul onderskeie sportsoorte presteer. Carlize het aan Central Finity-gimnastiek se vaardigheidstoetse deelgeneem en 18½ uit 20 behaal, terwyl Chrisné aan karate-klubkampioenskap deelgeneem het en eerste was in kata, kihon kumite en kumite. Chrisné is ook aangewys as Kinderkarateka van die Jaar.
Primêre Skool Universitas: Gimnastiek

Die Primêre Skool Universitas se Kaylah Meyer het 14de in die wêreld geëindig in die FIG- Junior Trampolienwêreldkampioenskap in Pamplona, Spanje.
Hoërskool Sentraal: Potspel

Die Hoërskool Sentraal se Christaan Els het die naweek aan die Vrystaatse Ope Manspotspelproewe deelgeneem. Hy is verkies tot die Vrystaatse Ope B-span wat volgende jaar aan die Nasionale Kampioenskap gaan deelneem.
Hoërskool Fichardtpark: Tennis

Twee tennisspelers van die Hoërskool Fichardtpark, Daniël Badenhorst en Heinrich van den Berg, is onderskeidelik by die Vrystaatse o.19-tennisspan en die Mangaung-metro se tennisspan ingesluit.







