Zuma tot leier van ANC herkies

0
840

Die ANC-kieskomitee se Gwen Nupen het ‘n kort rukkie gelede aangekondig dat Zuma met ‘n oorweldigende meerderheid oor Kgalema Motlanthe weer tot president van die ANC herkies is.

Cyril Ramaphosa is tot adjunk-president verkies en vervang Motlanthe.

Baleka Mbete is tot voorsitter verkies, Gwede Mantashe sal voortgaan in sy pos as sekretaris-generaal, terwyl Jessie Duarte sy adjunk sal wees.

Zweli Mkhize is tot tesourier-generaal verkies.