CHRISTOPHER MOTABOGI
President Jacob Zuma het tydens sy veslag oor die ANC se vordering die afgelope vyf jaar gesê, die inkomende ANC leierskap moet politieke onderrig onder sy lede prioritiseer. Zuma het ongeveer 4 500 afgevaardigdes by die ANC se 53ste verkiesingskonferensie in Mangaung toegespreek.